Leer met sukses
Stap vir stap lesse oor studietegnieke wat jou gaan help om te presteer!
In die kursus 'Leer met sukses', sal jy tegnieke, metodes en wenke kry wat jou gaan help om sukses te bereik in jou studies.
Spandeer jy baie tyd aan leerwerk en kry dan nie wafferse punte nie? Miskien het dit dan tyd geword dat jy 'n goeie fondasie lê om beter te studeer. Leer om reg te beplan, notas af te neem en te lees met begrip. Of dalk wil jy net verbeter daarop. Dan is hierdie kursus net vir jou. Jy sal ook meer weet van breinkaarte en memoriseringstegnieke as jy dit deurgewerk het.
Is jy gereed om jou punte te verbeter? Dan is jy op die regte plek!
Your Instructor
Ek is 'n remediërende terapeut wat studente, skoliere, ouers en onderwysers ondersteun om van hul doelwitte 'n sukses te maak. Ek het studietegnieke werkswinkels aangebied en vele skoliere gehelp om beter te kan studeer. Deur dit nou aanlyn te doen, kan baie meer studente daarby baat. Ek tuisonderig my kinders al vir 14 jaar en ons ondervindings en ervarings help weer ander gesinne om dit suksesvol te doen. Vir 9 jaar het ek in die onderwys gestaan as onderwyser in die grondslagfase. 'n Grondslagfase lees- en skryfprogram is ook deur my opgestel om tuisskolers wat net begin, te help om hul kinders op 'n ligte, vrolike manier te help om lees- en skryfvaardig te word. In my vrye tyd skryf ek konserte, monoloë, dialoë en toesprake. Dit is my passie om kinders te lei om hul talente te ontsluit en suksesvolle volwassenes te word.
Frequently Asked Questions
Eenvoudige tegnieke word in hierdie kursus gebruik wat jou sal help om jou vermoë te verbeter om baie feite te kan memoriseer, dit weer te gee en te begryp wat jy leer. Dit bou jou selfvertroue. Deur jou te wys hoe om kennis te organiseer, sal jy weer werk akkurater kan weergee. So 'n leerporses gee jou meer vreugde en daarmee saam verlaag dit jou stresvlakke.
Daar is geen risiko aan verbonde deur in te skryf vir hierdie kursus nie. As jy nie gelukkig is daarmee nie, kan jy jou geld binne 30 dae terugvra, sonder enige vrae.
Die beste belegging wat 'n mens kan maak, is in jouself!