Sessie 7-3 Rekeningkunde
Studeer Rekeningkunde met sukses:
Wenresep:
- Harde werk
- Selfmotivering
Onthou:
- Hoofstukke bou opmekaar.
- Elke sin is belangrik!
- Lees met BEGRIP.
Vra altyd:
- Hoekom?
Dus:
- Logiese beredenering.
- Verduidelik die vraag in jou eie woorde.
(As jy die vraag ‘Hoekom?’ kan beantwoord, hoef jy niks te memoriseer nie.)
Vra dan:
- Hoe?
Om te weet hoe om dit te doen, moet jy oefeninge uitwerk…
- gereeld en genoeg.
REKENINGKUNDE = DIY kursus
Hersien deurgaans: Doen oefeninge om probleme uit te sorteer.
- Hersiening help dat jy nie tyd mors en inligting weer en weer moet leer nie.
- Hersiening hou jou geheue verfris.
Lees inligting ORDENTLIK!
Doen oefeninge sonder om heel tyd terug te blaai. Jou brein word lui, dwing dit om te onthou en uit te redeneer wat jy moet doen.
‘It is easier to KEEP UP, than to CATCH UP!’
Klastyd:
- Maak altyd ‘n lysie vrae. Hou dit gereed om in die klas te vra of WhatsApp na die onderwyser vooruit.
- Klasse is vervelig as jy nie deelneem nie!
- Gaan voorbereid.
- Vra vrae.
- Studente met swak punte, het swak klasbywoning, swak verskonings en doen swak huiswerk.
Voorbereiding vir eksamens:
- ‘Ek het ‘n idee wat aangaan’ is nie goed genoeg.
- Vra: Waarop lê die oefeninge klem?
- Kan jy ‘n oefening uitwerk sonder om in die boek te kyk?
- Verduidelik vir iemand anders wat aangaan.
- Studiegroepe van 2-3 werk goed vir Rekeningkunde.
- Eksamens vra spoed! Met oefeinge moet jy leer om teen tyd te werk. Hou ‘n horlosie altyd byderhand. Stel jou pas vas.
- Werk ‘n strategie uit.
Eksamens:
- LEES REG!
- Lees vraestel vinnig deur en merk maklike vrae. Doen dit eerste.
- Werk met ‘n plan.