Sessie 7-1 Vraestelle


Ou Vraestelle:

Help jou met....

Hersiening

  • Die STYL
  • Soort vrae
  • Beplan jou strategie

Jy is meer bekend met....

  • Vraagstelling
  • Die formaat
  • Hoeveel feite jy moet neerskryf

Dit vra dissipline....

  • Niemand sê jy moet
  • Jy sal soete vrugte pluk

Met die Skryf:

  1. Skryf van jou memoriseringstegnieke agterop. Dit help as jy leidrade het.
  2. Lees die instruksies bo-aan deeglik deur.
  3. Loerlees die hele vraestel.
  4. Merk die vrae wat maklik lyk.
  5. Doen die Waar/Onwaar, Ja/Nee vrae eerste. (Jou eerste keuse is gewoonlik reg...)
  6. Doen dan die maklik vrae. (Oes punte!)
  7. Omkring die sleutelwoord in elke vraag.
  8. Kyk wat tel die vraag. Skryf soveel feite neer.
  9. Hou goeie skryfgereedskap gereed: Goeie pen, skerp potlood, uitveër en liniaal.
  10. Haal diep asem. Verby jou keel, tot in jou maag.
  11. Fokus op sukses! Jy kan, jy weet, jy gaan, jy sal!

Slaap genoeg:

  1. So na as moontlik aan 8 ure.
  2. Hou jou kamer donker.
  3. Fokus op slaap... skakel jou brein af!
  4. Vestig 'n bedtyd roetine. Doen dit oor naweke ook.
  5. Geen TV in jou kamer.
  6. Geen selfoon langs jou bed. (Kry 'n wekker)
  7. .Bly in jou kamer.
  8. 'n Gevoel van veiligheid is belangrik.
  9. As jy nie kan slaap: Gaan uit jou kamer. Doen iets ontspannends, bv. masseer jou voete of nek, en gaan klim dan weer in die bed.

Eet gesond:

  1. 'n Goeie dieet is belangrik!
  2. Hoe varser, hoe beter!
  3. Kos is jou brein se brandstof. Hou dit so suiwer as moontlik.
  4. Peusel happies: Vrugte, wortelstokkies, neute, droë vrugte, biltong.
  5. Vermy: Lekkergoed, suiker en Kitskos.
  6. Drink water!


Complete and Continue